top of page

Die Eisbeinfees is so gerieflik in die natuur geleë dat sportliefhebbers 'n groot belangstelling getoon het om ook 'n 'bos' roete draf (Trailrun) te begin.  Ons het 'n baie mooi roete uitgewerk wat al langs die dam af gaan en dan met 'n bosveldpaadjie terug na die eindstreep.  Daar is 'n 2km, 5km en 9,5km afstand om aan deel te neem.  Die roete is mooi uitgemerk en daar is waterpunte op die roete.

Die wegspring tye sal vanaf 08:15 die oggend wees.

Datum:  Saterdag, 23 September 2023 by die Kosterdam Eisbeinfees.
Inskrywingsfooi:          2km - Gratis           5km - R25          9.5km - R50

Elke deelnemer wat sy roete suksesvol afhandel sal 'n unieke Eisbeinfees medalje ontvang. 
Daar is 'n kontantprys vir die 1st man & vrou in die 5 & 10km.

Registrasie en inskrywings sal ook op Saterdag (24 September 2022) vanaf 06:00 geskied.  Ons wil ons deelnemers eerder aanmoedig om vroegtydig in te skryf om die oggend 'rush' vry te spring.  Jy kan dus 'n inskrywingsvorm aanlyn asseblief volledig invul. 

Elke deelnemer moet asseblief 'n inskrywingsvorm invul.
Doen verkieslik jou inskrywing voor die tyd (elektronies).  Jy kan jou inskrywings fooi ook op die dag van die wedloop betaal.  Jy is ook welkom om 'n EFT betaling alreeds met jou inskrywing te doen. Neem asb kennis dat inskrywings fooi nie toegang tot feesterrein insluit nie.

Vir verdere navrae:  Skakel gerus vir Chrisna  072 881 8183 of stuur 'n WhatsApp

Skryf betyds in.  Weens die natuur- & wildlewe impak kan ons net BEPERKTE aantal deelnemers akkommodeer. 

Inskrywing & Registrasie: 

1)  Vul die vorm volledig in.

2) Maak seker jy submit hom

3) Verwag terugvoer binne 3 dae

Elke deelnemer moet 'n vorm afsonderlik invul.

Verdere registrasie sal ook plaasvind op

Saterdag 24 September 2022

van 6:00 tot 7:00 waar deelnemers

ook hulle nommers en elektroniese skyfies sal ontvang .

bottom of page