top of page

Die Eisbeinfees Bergfiets Oefenbaan is oop 23 September 2023

 

Die roete strek deur verskeie wildsplase in die omgewing waar daar ongeveer 16 wildsoorte voorkom o.a. Kudu’s, Rooibokke, Njalas, Kameelperde, Blesbokke, Rietbokke, Sebra's ens.  Die roetes verskil in moeilikheidsgraad.  Dit is meestal 2 spoor en enkel spoor plaas paadjies met verskeie hindernisse.  Die roetes is baie duidelik gemerk en hindernisse word aangedui.  Daar is waterpunte met helpers op al die roetes.  Die fietsren sal aan alle vereistes voldoen soos mediese personeel, waterpunte, die merk van die baan asook merke wat die moeilikheidsgraad aandui.

 

Alhoewel ons opgeleide en toegeruste mediese personeel en ambulans op bystand sal hê- neem asseblief kennis dat alle deelname op eie risiko is en dat elke deelnemer die Fees, die Feesbestuur, die organiseerders en/of die boere oor wie se plase u ry en/of elke ander persoon of instansie ten volle vrywaar van enige verantwoordelikheid en of eise vir enige insident, skade, verliese, besering en of enige gebeurlikheid wat uit enige deelname mag voortspruit.

 

Baan Afstande vir die ren is ‘n uitdagende 40km,  ‘n 25km en ‘n gemaklike 10km.  

Kom registreer net en meld aan by die Fietstent vanaf 06:00 vir wegspring – elkeen hou sy eie tyd en kan soveel rondtes doen as waarvoor jy lus is – geniet die natuurskoon en kom kry jou oefening in vir die dag.  

 

Vir enige navrae oor inskrywings of oor die fasiliteit , skakel Dirk of Sandra le Roux by 082 788 9885

Al die deelnemers wat die ren voltooi sal ‘n Eisbeinfees medalje ontvang.  

Neem asb kennis dat registrasie fooi nie toegang tot feesterrein insluit nie.

Registrasie sal ook plaasvind op Saterdag 23 September 2022 die oggend

Skryf betyds in.  Weens die natuur- & wildlewe impak kan ons net BEPERKTE aantal fietsryers akkommodeer. 

Verdere registrasie sal ook plaasvind op

Saterdag 23 September 2023

DIE BAAN

bottom of page