
Daar is redelik baie staanplekke beskikbaar. Dit is redelike ruim staanplekke. Daar is kragpunte beskikbaar. Maksimum van 6 persone per staanplek toegelaat. Kampplekke sal aangewys en toegeken word soos u opdaag. Daar is opgegradeerde ablusie geriewe. Daar is 'n swembad en snoepie. Geen verdere kostes tot die fees of die kunstenaars word vir kampeerders gehef nie. Jou kampeerkaartjie sluit GRATIS toegang tot Vrydag- & Saterdag aand se kunstenaar in. Kosterdam se reels geld vir alle kampeerders. Oortreding van enige reels kan veroorsaak dat jy die fees en terrein verbied sal word. Alle vermaak en stalletjies is ingesluit. Jy het nie nodig om enige kosse saam te bring nie of selfs te maak nie. Daar sal oorgenoeg eet- en drinkgoed wees om te koop. Daar is 'n gelisensieerde Biertuin met baie bekostigbare pryse en GEEN EIE DRANK word op die feesterrein toeglaat nie.
Troeteldiere word slegs toegelaat met vooraf reeling, geen groot Ras honde word toegelaat. Bote en Jetskis word toegelaat per afspraak- met geldige skippers, COF en buoyancy sertifikate. Koste R300. Daar is GEEN terugbetaling van enige gelde nie.
Staanplek: R 200/ staanplek / NAG (max 6 persone)
Persoon: R 225 / volwassene / NAG
Laerskool kinders: R 75 / kind / NAG
Kampeerder
Kampeerders het GRATIS toegang vir Vrydagaand & Saterdagaand se kunstenaars optredes.
(Voorwaardes geld)
Staanplekke vanaf Vrydag 08:00 beskikbaar. Terrein ontruim teen 12:00 op Sondag 25 September 2022. Vanaf Vrydag sal daar alle etes op die feesterrein te koop wees. Daar is 'n volledig toegeruste Biertuin met baie billike pryse. Daar is 'n snoepie beskikbaar. Daar is kaartgeriewe beskikbaar om te betaal of om kontant te trek. Geen eie drank word toegelaat nie - ondersteun asb ons Biertuin.
Indien u meer nagte wil bespreek kontak ons gerus. Ekstra nagte sal op standaard fooie werk.
Kontak Rika van Staden vir meer inligting / Contact Rika van Staden for more information
kosterdam@koster.co.za / 0833434796
BRING JOU TENT OF KARAVAAN EN KOM KUIER SAAM BEPERKTE STAAN PLEKKE.
BESPREEK BETYDS
1) Vul die vorm volledig in.
2) Maak seker jy submit hom
3) Verwag terugvoer binne 3 dae
ANDER AKKOMODASIE OPSIES
AS JY KAMPPLEK
BESPREEK HET.....