top of page

Die Eisbeinfees het aanvanklik ontstaan rondom die gedagte om ordentlike goeie en smaaklike Eisbein's te eet en dit het toe half ontwikkel rondom 'n soort 'Afrikaner Oktober-fest' atmosfeer.

 

Die 1st Eisbeinfees is in 2015 gehou by die Kosterdam.  Dit was 'n REUSE sukses en besonders aangenaam om daar te wees.  Ons het soveel navrae en versoeke gekry, dat ons besluit het om dit elke jaar te hou vir solank dit gewild en aangenaam is.

 

Die Eisbeinfees vind eenkeer per jaar plaas by die Kosterdam.  (Vind die koordinate elders op ons blad).  Die groot gebeurtenis en feestelikheid is eintlik op die Saterdag, maar omdat dit so mooi omgewing by die Kosterdam is en daar soveel mooi en gerieflike kampeerplekke is, wou mense sommer die hele naweek daar kampeer.  So dit het ontstaan dat ons meer aktiwiteite moes aanbied.  Hou gerus die feesprogram dop.

 

Hierdie jaar vind die Eisbeenfees oor die naweek van 22 - 23 September 2022 plaas by die Kosterdam.  

Die gaan dus een groot kuier wees van vrydag tot saterdag.

                            

(GEEN EIE DRANK / KOS OF COOLER BOX'e WORD TOEGELAAT NIE)

VRYDAG
22 SEPTEMBER 2023

RIAAN BENADE

KAARTJIES

R150 per VOLW en H/S KIND

R70 per L/S KIND

Voorskool kind is verniet

SATERDAG
23 SEPTEMBER 2023

DROOMSINDROOM

STEVE HOMEYR

KAARTJIES

R150 per VOLW en H/S KIND

R70 per L/S KIND

Voorskool kind is verniet

NAWEEKPAKKET
22 - 23 SEPT 2023

Sluit nie kamp in nie. 

Slegs fees ingang vir Vrydag en Saterdag.

R250 per VOLW en H/S KIND

R120 per L/S KIND

Voorskool kind is verniet

Die kaartjies sal u toegang tot die feesterrein en stalletjies vir die Vrydag gee. 

Hekke maak alreeds 13:00 op Vrydag oop vir alle aktiwiteite en saterdag sal die fees

om 10:00 begin na die wedrenne plaasgevind het

Kontak gerus vir verdere kaartjie navrae

Anneleen 082 825 0084


 

bottom of page